LIEFDE IS
Liefde is; Iemand wat saam jou veg
Iemand wat saam jou lag en huil
Iemand wat nie te skerp oordeel
Iemand wat jou menswees soos hulle eie koester
Liefde is; Een wat praat en een wat luister
'n Bron van hulp en troos
Die somer wat die winter uit jou siel dring
Liefde is; Iemand wat jou die lig laat sien deur die duister
Iemand wat "onmiskenbaar"verander aan jou siel
Iemand wat in 'n briefie iets besonders met jou deel
Iemand wat aanvaar wie jy is en waar jy vandaan kom
Liefde is; "n Plek waar jy beskerming vind
'n Baken, eindloos en teer
Liefde is; Iemand wat onbetwyfeld daar sal wees
Vandag, more en virewig daarna
Deur elke winter,donker nag, storm en reën


|